Thursday, November 15, 2018

HUISBEVEILIGING WENKE


HUIS BEVEILIGING
Hierdie is nie spesialis inligting vir die persoon wat sy perseel en eiendom wil beveilig nie. Hierdie blog is daar om algemene raad aan die gemiddelde persoon te verskaf. 

Hiermee wil eenvoudige raad gegee word wat tot voordeel van die buisbewoner kan wees. Van goedkoop self vervaardigde stelsels tot duurder profesionele stelsels. 

Vanuit my geloof as Christen is vir my die belangrikste, my geloof en vertroue in die Here God om my van wysheid en beskerming te voorsien. Dit help nie ek bid nie, maar in agterlosigheid laat staan ek my woning se deure oop nie. 

ALGEMEEN

 Dissipline, roetine en inligting is van die mees belangrike dinge wanneer dit kom by die beveiliging van jou en jou huis en jou huisgesin.

Net in kort: 

Dissipline – maak die sluit van deure, aanskakel van alarms, die gebruik van veiligheidsmeganismes ‘n dissipline, moenie uitsonderings maak nie. Alles aangeskakel, alles gesluit, alles in plek altyd. 

Wees ook gedissiplineerd rakende wat om jou aan die gang is. Die aftrek van jou aandag, wat maak dat jy onoplettend kan wees en nie die gevare om joiu raak sien nie. 

Roetine – wees versigting om alles altyd volgens ‘n vasgestelde roetine te doen. Wissel jou roetines af, tyd wat jy vertrek, tye van aankoms, sluit en opsluit van hekke, motorhuise ensomeer. 

Inligting – Hier is seker een van die belangrikste beskermingsmaatreëls. Laat minimun inligting rakende jou huis, veiligheid roetines en gebruike uit na ander. Mense wat oor inligting vanuit jou huis beskik, kan sonder om dit doelbewus te doen met ander persone deel, wat jou lewe ingevaar kan stel.

 Neem bv die volgende in ag.

·         Inligting of jy oor ‘n brandkluis beskik en waar dit geleë is.
·         Inligting of jy oor vuurwapens beskik en waar dit geberg word.
·         Inligting oor waar jy jou sleutels en “spaar sleutels” bêre.
·         Waar jy jou geld bêre.
·         Wanneer jy op vakansie gaan en wanneer jy terug kom, ensomeer.
·         Inligting oor veiligheidsmeganismes en alarms en waar dit aan en af geskakel kan word, ensomeer. 

Beligting – ‘n Goed verligte omgewing aan die buite kant van jou huis is noodsaaklik. Ligte wat permant aan is of ligte wat met sensors (beweging sensors of dag/nag skakelaars)  aangeskakel word, of ligte wat jy vanuit jou huis kan aanskakel om jou erf te verlig.
Veel meer kan gesê word, sommige sal hier onder bespreek word.
INHOUD

Deur beveiliging
 
Venster beveiliging 

Erf/heining beveiliging 

Beligting 

Alarmstelsels 

Kamera stelsels 

Kombinasie stelsels 

Bykomende inligting 

Algemeen 

DEUR BEVEILIGING

Om die deure wat toegang tot jou huis en self na jou woonvertreke tot maksimum voordeel te benut kan verskeie maatreëls getref word. Hier sal van eenvoudige goedkoop metodes tot duurder metode aan u voorgehou word. 

WIGGIES - Gewone deur “wiggies” – Plaas hout, staal of rubber wiggies onder die toe deure in. Buite deure, en selfs deure na slaapkamers. Dit maak dit moeiliker vir persone om die deur oop te maak, selfs as die deurslot gebreek word.                              
                       
  
 
HOEKYSTER – Hier kan jygebruik maak van ‘n stukkie hoekyster waaraan twee penne van rondeyster vasgesweis is. Gate waarin die rondeyster pas word dan in die vloer, langs die deur geboor, sodat die penne daarin kan pas.
 

 

 
SLOT – ‘n Slot kan aan die deur aangebring word, aan die binnekant, wat sluit met ‘n gat wat in die vloer geboor word.                                

                                            


DEUR BALK – ‘n Deurbalk word aan binnekant van deur aangebring. Verkeie soorte kan gekoop of gemaak word. Eenvoudige vierkant buis (Square tubing) wat in twee “yster houers” of ander pyp pas wat weerskante van deur in die muur vas geheg word.                                                                                                                                                                  

                                         

       
VEILIGHEIDSHEKKE – Kan soos normaal buite, voor buite deur, geplaas word. Dit kan ook aan die binnekant geplaas word. Selfs een binne en een buite.

Die binne veiligheidsdeur verskaf dubble veiligheid. Indien die houtdeur slot gebreek word kan die houtdeur nie oop gestoot word nie. Daar kan dus nie by die binne veiligheidshek uit gekom word om dit ook oop te breek nie.

Self gemaakte of aangekoopte konsertina tipe deure is effektief         
                                               

Bo aan standaard oopswaai (nie konsertina) veiligheidshekke kan versterkings aangesweis word en hangslotte aangebring word. Dit maak dit moeilik om die gewone veiligheidshekslot met ‘n staalstaaf oop te breek.
 

PEPPERGAS SPROEI – die toestel kan aangekoop en by die deur aangebring word. Dit word dan geaktiveer nadat u in die huis is en al die deure en hekke gesluit is. Enige persoon wat dan die voordeur betree sal ‘n sproei peppergas ontvang.  Soos afgelei kan word skep dit gevare in indien die prosedures van aktiverring en “afskakeling” nie na gekom word nie.

ALARMS wat aanskakel wanneer deur oopgemaak word sal onder ALARMS bespreek word
 
 
VENSTER BEVEILIGING

 DIEFWERING - Die standaard beveiliging by venster is diefwering. Moenie geld mors om dun diefwering aan te bring nie, dit word maklik afgebreek. Daar is verskeie soorte diefwering wat aangebring kan word, voor die vensters binne en buiet die huis. Daar moet egter sekergemaak word dat daar wel ‘n ontsnap roete is ingeval daar ‘n vuur in die huis uitbreek.  

U kan self die diefwering maak of laat maak, of u kan van die konsertina tipe diefwering aankoop en laat installeer. Oopswaai hekke aan die binne of buitekant van die venaster kan aangebring word, wat dan met handslotte gesluit kan word.  
                   



 DUBBELVENSTERS – Daar is ventster met dubbelglas wat aangekoop kan word, dit is redelik duur, maar goeie beveiliging, ook help dit met temperatuur regulering in die huis.

                  

     
 “FILAMENT” – Dit is ‘n tipe kleefband wat op die oppervlakte van die ruitglas geplak word, wat die breek van die glas bemoeilik.     

                                   


“SHUTTERS” – Hout of metaal hortjies waat buit aangebring word, wat toegang tot die venster bemoeilik. Dit word dan met sonsondergang gesluit of wanneer u uitstedig is. Dit bemoeilik egter u uitsig na buite. Daar is toeswaai en afrol tipes beskikbaar.
           


 
 ALARMS wat aanskakel wanneer venster oopgemaak word sal onder ALARMS bespreek word

 
 
ERF/HEINING BEVEILIGING

DRAADHEINING - Gewone draadheining bied nie veel beskerming nie, aangesien dit maklik is om oor dit te klim. Dit is egter beter as niks, want dit hou mense weg van direkte toegang tot jou woning se deure en vensters.
 
PALISADES – Hierdie soort heining bied geoeie beskerming aangesien dit van staal gemaak is en skerppunte aan die bokant het. Dit is egter duur om op te rig.  

Hierdie heining kan oorbrug word deur ‘n leer te gebruik om oor te klim of om ‘n voertui naby aan die heining te stop en so oor te klim met of sonder ‘n leer.  Die oopbreek of afsaag van die heining kan ook gedoen word, maar dit neem tyd en so kan die “inbrekers” gesien word. 

Palisdes het ‘n voordeel bo ‘n soliede baksteen of beton muur – die feit dat daar nie wegkruip plek aan die ander kant van die heining is nie, oortredes kan dus gesien word wanneer hulle u perseel betree.
 
BETON/BAKSTEEN MUUR – Hierdie tipe van “heining” is relatief duur om op te rig. Dit is nie baie effektief wanneer dit op “normale” hoogte gebou word nie. Lae mure kan maklik oorbrug word. Hoë mure is moeilik om te oorbrug, maar kos ook heelwat meer.  

Wanneer ‘n muur oorbrug is kan die betreders nie van buite gesien word nie en is dus relafief “veilig” om hul “werk” voort te sit.

Bykomende veiliugheidsmeganismes moet verkieslik saam met die muur gebruik word, soos wat hiweronder bespreek sal word.
                                  

 
 ELEKTRIESE HEINING - Hierdie tipe van “heining” is relatief duur om op te rig en is effektief wanneer dat aan ‘n Sekriteits reaksiemag gekoppel is.

Hierdie heining kan saam met ‘n palisade of beton heining gebruik word, wat dit meer effektief maak.

LEMMETJIES DRAAD – Hierdie kan saam met ‘n palisade of beton heining gebruik word, wat dit meer effektief maak. Die meeste mense hou egter nie daarvan nie, vanweë die voorkoms daarvan.

                                        
  “SPYKERROLLER” – Hierdie tipe heining kan saam met ‘n palisade of beton heining gebruik word, wat dit meeer effektief maak. Die meeste mense hou egter nie daarvan nie, vanweë die voorkoms daarvan.

Die voordeel daarvan is dat dit nie maklik oorbrug kan word nie, van weë die feit dat dit rol, wanneer jy daaroor wil klim.  Om  dus te probeer om ietems daaroor te gooi, wanneer jy oorklim, sodat dat die spykers jou nie beseer nie is hoogsonwaarskynlik.

Dit kan self gemaak of aangekoop word. Eenvoudiger wergawe as die een hieronder - (Pyp met skerp staalpenne deur)

 
“TIGER SPIKES” – Hierdie tipe van plaat kan aangekoop word en saam met saam met ‘n beton of baksteen heining gebruik word.

Die nadeel hiervan is dat dit maklik met ‘n hamer platgeslaan kan word.
           



“STAAL MESH” – Hierdie tipe heinning kos baie duur, maar is effektief. Het ook al die voordele van ‘n palisade heining. Die nadeel is dat daar maklik ‘n gat in die heining gesny kan word met bv ‘n draagbare hoekslyper (Angle grinder)
                                          


 

 
 

HEK MET MOTOR EN AFSTAND BEHEER

 
BYKOMENDE MAATREËLS – Die volgende kan gedoen word om u heining, van watter aard ookal meer veilig te maak.

 AANPLANT VAN KATUSSE – Hierdie plante neem egter tyd om effektief die toegang tot jou heining (Draad, palisade, beton, baksteen, “staalmesh”) moontlik te maak. U kan dit aan u kant van die heining aanplant, dit het egter ook ‘n nadeel, veral wanneer daar kleinkinders is. U kan dit aan die buite kant van u erf plant indien daar ‘n oop area is en die munisipaliteit of stadraad dit toelaat.

AANPLANT VAN SISAL – Hierdie plante neem egter tyd om effektief die toegang tot jou heining (Draad, palisade, beton, baksteen, “staalmesh”) moontlik te maak. U kan dit aan u kant van die heining aanplant, dit het egter ook ‘n nadeel, veral wanneer daar kleinkinders is. U kan dit aan die buite kant van u erf plant indien daar ‘n oop area is en die munisipaliteit of stadraad dit toelaat. 


                                               
In beide die aanplant van Katusse of Sisal moet u dit op ‘n redelike afstand van die heining plant sodat dit nie later die heining beskadig nie.

GEBREEKTE KLIP – Hierdie is ‘n goeie en effektiewe manier om dit vir persone moeilik te maak om u heining te wil oorbrug. U kan dit aan die binne of die buite kant van u heining aanbring. Van die heining af vir ‘n breedte van ongeveer een tot twee meter, laat u relatief groot stukke klip plaas.
Dit sal die volgende verhoed of beperk:

·         Dat ‘n persoon kan hardloop, vastrap en spring tot bo aan die muur.
·         Dat ‘n voertuig naby u heining kan stop, om so vanaf die motordak oor u heining te kom.
·         Dit moeilik maak vir ‘n persoon om ‘n leer veilig te plaas en so oor u heining te kom.

 Die spuit van onkruiddoder sal benodig word om die area mooi te laat vertoon.
 
 

 BELIGTING
Beligting is naas inligting beskerming die mees belangrik in die beveilig van u perseel.

Daar is verskeie stelsel wat aangekoop oif deur uself “gebou” kan word. Duurder of goedkoper.

Daar is verskeie maniere waarop die beligting aangeskael/geaktiveer kan word.

·         Bewegingsensor
·         Dag/nag sensor
·         Per hand 

Daar is verkeie kragbronne wat gebruik kan word, bv

·         Net werkrag (Eskom/munisipalitiet)
·         Sonkrag
·         Batterye – herlaaibaar met sonkrag of batterylaaier.

n Kombinasie van die bogeneomde kan ook gedoen word. 

BEWEGING SENSOR AKTIVERING - Daar is heelwat van die stelsels wat van die rak gekoop kan word, 12v wat met battery krag werk of wat met 220v vanaf u kragstelsel werk.

Daar is ook eenhede wat met sonkrag werk. Gedurende die dag word dit deur die son herlaai en skakel in die aand aan, sodra daar beweging in die omgewing van die eenheid gewaar word. (Een so ‘n tipe is o.a. die sg. Gorilla)  


 

 DAG/NAG SENSOR AKTIVERING - Daar is heelwat van die stelsels wat van die rak gekoop kan word, 12v wat met battery krag werk of wat met 220v vanaf u kragstelsel werk.

Daar is stelsel wat ‘n aparte sensor het wat die lig aanskakel sodra dit donker word

Daar is stelsels waar die sensor in die gloeilamp ingebou is. U vernag net die standaard gloei lamp m ‘n gloeilamp wat ‘n ingeboude sensor het. Daar is verskeie soorte op die mark, die mees effektiefste volgens my die LED gloeilamp. Hier moet u net sekermaak dat die skakelaar in u huis aangeskakel bly vir die gloielamp om te kan aktiveer.

 
SKAKELAAR AKTIVERING – Hier kan u ‘n stelsel van ligte reg rondom u huis aanbring, wat deur u vanuit die huis aangeskakel word, wanneer u wil. Hier kan u ook ‘n kragbron kies,12v wat met battery krag werk of wat met 220v vanaf u kragstelsel werk.

Indien u nie oor veel geld beskik nie, kan u hier gebruik maak van ‘n battery en ou motorligte, met ‘n skakelaar om die stelsel aan te skakel. 
 
 
DRUK/TRAPMAT AKITVEERDER - Hier kan u ‘n stelsel van ligte reg rondom u huis aanbring, wat deurmiddel van ‘n druk/trapmat voor u deur aangeskakel word wanneer ‘n persoon op die mat trap. Hier kan u ook ‘n kragbron kies, 12v wat met battery krag werk of wat met 220v vanaf u kragstelsel werk. 

Indien u nie oor veel geld beskik nie, kan u hier gebruik maak van ‘n battery en ou motorligte, met ‘n druk/trapmat om die stelsel aan te skakel.

 
LASER AKTIVEERDER – Die stelsel kan by jou vensters en deure opgestel word aan die buitekant. Sodra die straal gebreek word, skakel die ligte aan.

 

KONTAK VEBREEK SKAKELAAR – Hierdie tipe skakelaars kan aangekoop word en word geaktiveer sodra ‘n deur op ‘n venster oopgemaak word. Dan sakel die ligte aan. Hier kan u ook ‘n kragbron kies,12v wat met battery krag werk of wat met 220v vanaf u kragstelsel werk.
 

Voorbeeld van skakelaar soos bo gebruik
 
Indien u nie oor baie fondse beskik nie kan u vir uself een maak, deur twee wasgoed pennetjies, twee duimspykers, elektriesedraad, ‘n battery, ligte en ‘n stukkie hout of plastiek. (SIEN DIE SKETS HIERONDER)

Hierdie beligting stelsels kan saam of apart van ‘n alarmstelsel gebruik word.

 
 
ALARMSTELSELS

Daar is ingewikkelde en eenvoudige alarmstelsel beskikbaar, u kan self u eie bou/saamstel.

Indien u ‘n goeie stelsel wil bekom, dit is gewoonlik ook heelwat duurde, kontak ‘n Sekuriteits maatskappy.

Die samestelling van ‘n stelsel hang af van wat die doel daarvn sou wees:

·         As afskrikmiddel
·         As vroeë waarskuwingstelsel
·         As inkennisstelling aan ‘n Sekurteitsreaksiemag
·         As inkennisstelling aan u bure of vriende 

ENKELBATTERY VROEË WAARSKUWING – Hierdie tipe is relatief goedkoop en is te koop by die meeste sekuriteits voorsiennings winkesl en bestaan uit ‘n eenheid wat een AA battery bevat. Dit word teen ‘n deur of ‘n venster vasgesit. Indien u die skakelaar indruk word die eenheid geaktiveer, indien iemand die deur of venster sou oopmaar gaan die ingeboude alarm af en word u gewaarsku. Dissipline is ondig om te onthou om die eenhede te aktiveer voor jy gaan slaap. 

 

KONTAK VEBREEK SKAKELAAR WAARSKUWING  STELSEL  -– Hierdie tipe skakelaars kan aangekoop word en word geaktiveer sodra ‘n deur op ‘n venster oopgemaak word. Dan sakel die alarm aan. 
 

Hier kan u ook ‘n kragbron kies,12v wat met battery krag werk of wat met 220v vanaf u kragstelsel werk.

U kan ook u eie stelsel bou, soos genoem met diebou van die beligting stelsel. Dit kan dien as beide ‘n vroeë waarskuwingstelsel en ‘n alarmstelsel.

Indien u nie oor baie fondse beskik nie kan u vir uself een maak, deur twee wasgoed pennetjies, twee duimspykers, elektriesedraad, ‘n battery, ligte en ‘n stukkie hout of plastiek. (SIEN DIE SKETS HIERONDER)
 
BEWEGING SENSOR AKTIVERING - Daar is heelwat van die stelsels wat van die rak gekoop kan word, 12v wat met battery krag werk of wat met 220v vanaf u kragstelsel werk.

U kan self die stelsel gebruik wat die ligte sou aanskakel indien beweging ervaar word en dit koppel aan ‘n alarm, wat geaktiveer word saam met die ligte wat aanskakel. 


                   
SKAKELAAR AKTIVERING – Hier kan u ‘n stelsel in en/of buite u huis aanbring, wat deur u vanuit die huis aangeskakel word, wanneer u wil. Hier kan u ook ‘n kragbron kies,12v wat met battery krag werk of wat met 220v vanaf u kragstelsel werk. U skakel dus die alarm fisies aan en af. 

 
Indien u nie oor veel geld beskik nie, kan u hier gebruik maak van ‘n battery en ou motortoeter (Hooter), met ‘n skakelaar om die stelsel aan te skakel.

DRUK/TRAPMAT AKITVEERDER - Hier kan u ‘n stelsel in en/of buite u huis aanbring, wat deurmiddel van ‘n druk/trapmat voor u deur aangeskakel word wanneer ‘n persoon op die mat trap. Hier kan u ook ‘n kragbron kies,12v wat met battery krag werk of wat met 220v vanaf u kragstelsel werk.

Indien u nie oor veel geld beskik nie, kan u hier gebruik maak van ‘n battery en ou motortoeter (Hooter), met ‘n druk/trapmat om die stelsel aan te skakel.
 
LASER AKTIVEERDER – Die stelsel kan by jou venster en deure opgestel word. binne of buite. Sodra die straal gebreek word, word die alarm geaktiveer.

 
SELFOON – Daar is ook stelsels beskikbaar wat jou per selfoon kan verwittig indien die alarm by jou woning afgegaan het. 
 

KAMERA STELSELS

Hierdie stelsels het ook verskeie moontlikhede, afhangende wat jy verwag. Die CCTV is die beknde hiervan. 

Vir jou eie waarneming van wat in jou erf aan die gang is, kan jy kameras buite laat aanbring met ‘n monitor/TV skerm in jou huis.

Hierdie kameras kan op verskeie maniere geaktiveeer word. Bv deumiddel van beweging in die omgewing, wanneer die alarms geaktiveer word, of wanneer die ligte geaktiveer word. Jy sal dit ook self ook in persoon kan aktiveer.

Hierdie beelde sal ook op ‘n hardeskyf gestoor kan word.

Jy sal ook ‘n stelsel in jou huis kan installeer wat jy via jou rekenaar of selfoon sal kan monitor indien jy nie tuis is nie. 

Jy kan jou eie stelsel bou, maar oor die algemeen is dit beter om ‘n stelsel te laat installeer.              




 

 KOMBINASIE STELSELS

Wat word hierby bedoel? 

‘n Kombinasie van die boogenoemde stelsels. Jy kan verskeie aparte stelsel bedryf of jy kan stelsels kombineer, veral indien jy nie oor baie fondse beskik nie. Hier word veral na alarm, beligting en/of kameras gekyk. 

Kom ek gee u ‘n voorbeeld.
 
VOORBEELDE



 
BYKOMENDE INLIGTING

 Die volgende inligting moet ook inag geneem word:

·         Die voor en nadele van Eskom/Munisipale krag.
·         Die voor en nadele van battery krag.
·         Die voor en nadele van aangekoopte stelsels.
·         Die voor en nadele van self saamgestelde stelsels.
·         Die voor en nadele van die gebruik van bv Peppersproeistelsels.
·         Die koste van self saamgestelde stelsels.
·         Die koste van aangekoopte stelsels.

 Die volgende kan ook bykomend gedoen word:

VERDEEL JOU HUIS. - Installeer ‘n veiligheidshek in die gang en verddel die huis so in twee dele. (Slaapkamers en toilet in een deel.)

Stel jou alarms binne ook so op (Alarm in res van die huis, nie in deel twee nie.)
 

VEILIGE KAMER - “Bou” ‘n veilige kamer in jou huis.

·         So ‘n kamer moet beskik oor ‘n verstekte deur met ‘n veiligheidshek.
·         ‘n Brandblusser.
·         Indien jy oor vuurwapens beskik moet dit en die kluis daarin wees.
·         Genoegsame drink water.
·         ’n Versterkte plafon van bv. metaal.
·         ‘n Lys met al die noodnommers, bv Polisie, Ambulans, vriende, reaksiemag, Sekuriteits maatskappy ensomeer.
·         Dit is veral noodsaaklik wanneer jy op ‘n plaas of kleinhoewe woon.
·         Maak seker jou selfone is gelaai en hou ‘n toepaslike selfoon herlaaier in die vertrek.

 BUITE GEBOUE, WERKSKAMER EN MOTORHUIS – Dit is noodsaaklik om die buite gebou, werkskamers en motorhuis te beveilig, nie alleen om dit wat daarin is te beskerm nie, maar om die booswigte te aksie planne te fnuik. 

Inbrekers gebruik dikwels dit wat in jou motorhuis, buitegebou of werkskamers is om by jou huis in tebreek. Dus moet jy dit net so beveilig soos dit in jou huis, daardeur ontsê jy hulle van gereedskap wat hulle kan gebruik om by jou huis in te breek en ontneem jy hulle van items wat hulle kan gebruik om jou mee aan te val. 

Beveilig jou motorhuis deure deur hangslotte aan die binnekant aan te bring, sodat die opmaak daarvan bemoeilik word. Akarms en ligte wat geaktiveer word, wanneer die buitegebou, werkskamers en motorhuis btree word is ook noodsaaklik. Gebruik stelsels so bo genoem.
 

ALGEMEEN

Beveilig jouself deur die volgende:

·         Moenie dat koste veroorsaak dat jy jouself en jou gesin in gevaar stel nie, doen wat jy kan.
·         Rus jouself toe met kennis, kennis van wat in jou omgewing aan die gang is en veral kennis oor hoe jy jouself en jou gesin kan beveilig.
·         Skaf middele aan om jouself te beveilig, bv Skokstok, pepersproei, knuppel ensomeer.
·         Leer jou gesin die nodige aksies wat geneem moet word in tye van krisis. (Telefoon oproepe, wegkruip pleke, ensomeer.)
·         Woon selfverdedigingsklasse by waar jy en jou gesin kan. (Klem op selfverdediging)
·         Rus jouself en jou gesin toe met kennis oor hoe julle moet optree in gevalle van inbraak en/of “high jacking”
·         Maak ‘n lys van items in die huis wat as wapens gebruik kan word in‘n noodgeval.
·         Neem bv die gebruik van ‘n aerosol kannetjie (Onderarm middels, insekgif kannetjies, ens.) Dit saam met ‘n sigaretaansteker, kan in ‘n noodgeval gebruik word om ‘n persoon met daardie flam af te skrik.
·         Meubels, bv stoel.
·         Ketel, messe, vurke, ander kombuisware, ensomeer.
·         Kyk na moontlike “ontsnap” roetes en “skuilplekke ingeval van krisis. 

Voorbeelde van toerusting vir persoonlike beveiliging

 ALARM KANNETJIE

KNUPPEL 

ELEKTRONIESE FLUITJIE

FLUITJIE



 

SKOKSTOKKE

 


PEPPERSPROEI ARMBAND


PEPPERSPROEI

Waghond of honde buite en ‘n waghond in die huis kan ook van groot nut wees, dit neem egter moeite om sulke diere aan te hou en op te lei. 

 
TEN SLOTTE - LAAT MY TOE OM DIE VOLGENDE TE DEEL
Die Evangelie van Jesus Christus
Verskoon die Engelse Fotos



 
Ek is nie bewus van enige kopie regte op dit wat hierbo verskyn nie, indien u daarvan bewus is maak dit asseblief aan my bekend – lourens.badenhorst@webmail.





3 comments:

  1. Nou het ek ontsettend baie geleer. Liewe aarde, dankie vir al die moeite. Kan nie dink hoe lank dit moes geneem het om hierdie saam te stel nie. Mooi dag, Maretha Maartens.

    ReplyDelete
  2. Daardie tyd en uur by die kommentaar lyk vir my verdag. Dit was 11:25 gewees, helder dag! Dalk 'n horlosie wat reggestel moet word?

    ReplyDelete
  3. Baie dankie, stel hoog op prys. Geseënde dag.

    ReplyDelete